Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

U ken die bekommernis van elke hart en van vrees,
slegs U weet hoe hierdie liggaam sal kan genees.
Mense is orals, maar kan nie nou help,
net U ken gedagtes en harte oorstelp ...
Woorde onnodig, totaal en al leeg,
die toekoms onseker, ‘n traan met elk’ vreug’ ...
MAAR
U is die Rots waarop moeë bene kan staan,
die Reddingsbaadjie as pyngolwe deur ‘n liggaam gaan,
U weet wat die behandeling en siek sal inhou
en U sal daar wees op dae grysgrou,
U gaan die Een wees in ure van nag,
U gaan daar wees tydens swakheid en krag,
U was nog altyd, maar U is ‘Ek Is’
U los nóóit alleen en dit stel my gerus.

Opgedra aan Roline en Bennie van der Westhuÿzen
6/11/2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dis baie insiggewend, inspirerend en wonderlik dat Hy altyd daar is selfs wanneer ons nie vra nie. Baie mooi!
10 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar