Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gereeld verruil ek my gemakstoel
vir ‘n plekkie op die harde vloer
langs Jesus se voete
as jy my sou soek en ek is nie tuis
wees gerus ek is gou na Jesus se huis
daar is my sitplekkie gereserveer

by Jesus versterk ek my geloof
want as my hart ween, word ek sag getroos
as my wonde nie genees, sal Hy salf smeer
as ek opstandig raak, verlos Hy my van all kwaad
as my liggaam vol kanker is, bestraf Hy beslis

hier word ek gesond gemaak
hier is genade, groter as die wêreld
liefde, dieper as die see
hier is my Jesus altyd beskikbaar.

Nederig is ek by die voete van my Vader
waar ek gereinig en versterk word.
So indien jy na my soek
is ek hier waar my plekkie gereserveer is.

Maart 2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wegglip
dit is n pragtige bydrae Bets
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


Wegglip . . .
dankie vir die woorde wat troos . . .
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


Wanneer ek wegglip
baie mooi die eerste strofe is baie treffend.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae oud


wanneer ek wegglip na Jesus
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Wanneer ek wegglip
Dit is voorwaar 'n pragtige werk en dit raak 'n mens.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar