Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die man op die maan hyg minimalisties - in vrede
maar hy hyg na die eenvoud van wat mens nie verdien
Sonder geselskap van die materiële
verwonder hy die koeëlronde miernes vanaf myle

Wie de tijd hij om te planten
en de tijd hij om het geplante uit te roeien
Wie de tijd hij om af te breken
en de tijd hij om te bouwen
Wie de tijd hij om te zoeken
en de tijd hij om te laten verloren
Wie de tijd hij om te bewaren
en de tijd hij om weg te werpen

Hyg die mensdom doelloos tussen materiële
lewe soos miere tussen nuttelose goed
vergaan die régte egte wêreld ongesiens
tussen vernietigende besoedeling van niks

en die man op die maan hyg
hyg vir net die suurstof van God
Wat de tijd gemaakten hij om de aarde te schiep

Ons almal is maar net wesens wat hyg
omdat genoeg nie genoeg is
omdat te - nie tevrede is
omdat mens ondankbaar is



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

;-))
Dis baie goed geskryf AC !
7 jaar 11 maande 2 dae 3 ure oud


Wanneer
AC,
Welgedaan
8 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


wanneer het ons genoeg
jou woorde raak my hart
8 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud


genoeg
Ek kan my net by al die ander voeg en sê, Welgedaan!
8 jaar 3 maande 2 dae 14 ure oud


Dankbaarheid
AC , ek het reeds komentaar gelewer, maar wil net byvoeg dat jou Nederlands heel verstaanbaar is. Jy kan dit maar weer doen.
8 jaar 3 maande 3 dae 3 ure oud


Dankbaarheid is nodig
Baie goed geskryf AC ! Dit het my laat dink aan die man wat gekla het omdat hy nie skoene gehad het om aan te trek nie , totdat hy 'n man gesien het wat nie voete het nie ! Hoekom moet ons altyd ander sien wat swaarder kry as ons voordat ons besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.
8 jaar 3 maande 3 dae 3 ure oud


Wanneer het ons genoeg
In 'n wêreld waar genoeg nooit goed genoeg is nie en mense soms doelloos voort ploeter in ondankbaarheid. 'n Realiteit wat jy goed neergepen het!! Gelukkig lê die onus op elke mens om 'n verskil te maak, is dit belangrik om te weet, dat ons nie verantwoordelik is vir andere se lewens nie. Die wat wys is, sal nie die geleentheid laat verby gaan sonder om 'n blywende verskil te maak nie. Jy gee mense iets om aan te herkou. Knap gedaan AC!!!
8 jaar 3 maande 3 dae 12 ure oud


goed
om ons miernes so van 'n afstand af te bekyk en perspektief te kry. AC, hoe goed is jou Nederlands? Daars goed wat vir my nie lekker lees nie, maar my Nederlands is ok nie waffers nie...
8 jaar 3 maande 3 dae 12 ure oud


Wanneer het ons genoeg
Dit laat 'n mens net weereens besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees
8 jaar 3 maande 3 dae 16 ure oud


hebsug, ja hebsug
die mens is nie tevrede met suurstof en lewe nie;
jy slaan die spyker op die kop.

Jare terug vra ek my Pa, waar ek vandaan kom en waar alles vandaan kom:

"My kind, vra 'n Nederlander, hulle was by die skepping!"

Hi AC, ek skuld jou nog antwoorde, maar dinge het so skeef geloop, maar ek het nie vergeet nie, en sal by dit uitkom. Jy was seker met vakansie, want ons het lank laas van jou gelees.

sterkte vir 2012,

raqia
8 jaar 3 maande 5 dae 10 ure oud


Soms is dit 'n wilsbesluit om dankbaar te wees ...
8 jaar 3 maande 5 dae 12 ure oud


Diepe denke
Hierdie is 'n dit-laat-'n-mens-diep-dink gedig. Welgedaan vriend.

Vonnie
8 jaar 3 maande 5 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar