Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil skree
En niemand hoor my nie
Ek wil huil
En niemand vertroos my nie

Maklik om te se ek het dit self veroorsaak
En ja miskien was dit ook my eie skuld
Maar niemand het gese dit sou so moeiklik wees
Niemand se dit kos soveel krag en geduld

Eks fisies, emosioneel en geestelik ‘n wrak
Maar aan die buitekant lag ek
Binne breek alles in stukke
Voel ek terselfdertyd gelukkig en soos ‘n gek

Ek is nie bang vir alleen wees nie
Nie bang vir my eie geselskap
Maar hierdie eensaamheid tussen mense
Maak seer as dit soos n doringdraad my hart krap

Wanneer verlange, verlede en geluk meedring
Om ‘n bestaansreg in my verslae hart
Raak alles net hopeloos te veel vir my
Maar lag ek , gesels ek, doen ek in alles my part

Dan kyk ek ver oor die berge heen, sug
Draai om, en probeer maar weer om te bestaan
Want woorde kan tog nooit regtig verduidelik
Wanneer niemand ooit sal verstaan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wanneer niemand verstaan
Ai, ek huil vir jou vanoggend,diep binne my huil ek.Ekhuil vir jou styd, ek huil vir jou seer , ek huil vir jou verlange dat alles sal reg wees.ek huil omdat dit al so lank jou tyster.

ek huil vir julle altwee vanoggend
5 jaar 3 maande 2 weke 18 ure oud


niemand verstaan
soms is die emosies net te veel om na buite uit te straal.. dus is dit makliker om dit "ag dit gaan goed" masker te dra.... absoluut puik verwoord.. gelukkig dat mens nog ons emosies op papier neerpen soos jy dit puik hier gedoen het
5 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


Ano
Verstaan
Jip, dink ons elkeen dra so 'n masker in sy sak rond. Politoer hom boonop gereeld ook, want die wereld daar buite wil he dat dit nooit anders as net goed sal gaan nie.
5 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Wanneer niemand verstaan nie
Ek dink daar is baie mense wat so voel, en wil glad nie daaroor praat nie, 'n mens moet probeer om hulle soos 'n boek te probeer lees, dan sal ons die inhoud begin ontrafel. Dit gewaar ek veral onder Senior burgers.
5 jaar 3 maande 2 weke 3 dae oud


wanneer niemand verstaan
en tog verstaan ek jou elke word. Jou gedig so seer en so mooi geskryf
5 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


.
Ek ken jou nie maar ek kan verstaan.
Jy't baie emosies hierin vasgevat, wat ek dink baie van ons voel.
Sterkte.
5 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar