Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Was dit op die heuwels van Eype,
of op die klippiestrand van Westbay,
in die nou straatjies van Dorset
of tussen die stalletjies van Bridport?
Was dit in die warm son op die oopdakbus
of toe hoenderspoortjies om my oë bly lê het
van al die lekker lag op Sondag:
was dit toe?

Was dit toe die kamera gekliek het en ek
langs Cyberdog se weirdo staan en smile
oor die absolute vreemdheid van alles;
was dit op die ellelange roltrap
wat ek so katvoet benader het
(terwyl jy oor jou skouer my afloer);
of toe ons in die Victoria sit
en ek sprakeloos staar,
my mond oophang:
was dit toe?

Was dit toe ek handevol spoelklippe
in die lug op gooi by Lyme Regis
of vir die eerste keer regtig besef hoe
indrukwekkend oud en vol verhale Londen is;
die Big Ben, die baie brûe,
die Teems wat stil en rustig onder ons bootjie vloei:
was dit toe?

Of was dit op die heel laaste dag van my vakansie
en ons saamwees in Engeland
toe jy my gaan wys het
waar Terminaal Vyf se
parkeerplekke is en die rye wit dakkies,
(wat jy geteken het),
jou kantoor en hoe jy daar kom elke werksdag.

Was dit toe

dat my hart wou oopbars van trots en vreugde,
van kleinwees en blywees van trane en lag,
van menswees en liefhê:

was dit toe?



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Wanneer was dit ?
Die lewe is maar vaal as dit nie gedeel kan word nie. Ek hoop elke dag is vir jou so 'n lappieskombers van trotse herinneringe.
5 jaar 1 maand 1 week 6 dae 9 ure oud


Kon elke een SIEN ...
Lief nooi ek het saam met jou gedwaal ORAL!! En watter fees was dit nie. Nou ook hier kom meedoen aan die vakansie pret!!
5 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Goue oomblikke wat vertel van 'n asemrowende reis en vele ervarings. jy verwoord dit soos altyd op besonderse manier en neem die leser saam met jou op reis.
5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


oeee, ek geniet hierdie toer meer as jy.
a.
5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Wat 'n belewenis! Wow, dis stunning!
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Om London deur jou mooi oë te sien, is 'n belewenis, baie dankie!
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Wow...jy't my meegesleur met die ene...dink jy't jou antwoord...

Tella
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


Ek kan net nie genoeg van jou gedigte lees nie.
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


'n Pragtige en opregte gedig wat 'n mens grootoog verwonderd saam laat reis en ervaar. Dit het my laat dink dat die mooiste herinneringe die is wat 'n mens met 'n geliefde deel. Dit maak van iets besonders iets amper magies.
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Hierdie PRAGstuk borrel oor van baie meer as net Londen se "plekke"... Kon binne-in jou hart ook inklim en ervaar saam met jou Sussa! Wat 'n baie besonderse gedig...
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Lieflik sussa dit is 'n vars gedig en ek stem volkome saam met al die vorige kommentare!!!
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Hierdie moét eenvoudig gunstelinge toe. Dit is 'n hartswerk vol van regte plekke en gebeure. Die kombinasie tref diep. 'n Absolute heerlikheid om te lees.
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Dankie Sussa, vir die deel .. wat 'n wonderlike ervaring, vir 'n wonderlike mens!
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Wat n vreugde om die eerste waarderings saadjies by so n pragtige onopgesmukte vars nuwe en heeltemal roerende gedig te kan plaas. As London dit kan doen vir jou skryfwerk wil ek vreeslik graag sien wat sy gaan doen vir jou verfwerk. Soooo lekker om kaalvoet deur so n vers te loop. Groete. A
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



Van ons Premium+ lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar