Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vir hulle is dit
niks
- ’n blote afgewaterde
melodie
wat deur die
ontaktvolle verderf van hul
eiewaan en hebsug
verswelg word.

Ek weet egter
dat dit ’n ryk
inter-dimensionele welvaart
van estetiese diepte
is – onpeilbaar in sy
eiesoortigheid.

Sy het my een
wintersoggend in die
vlaktes van melancholie
kom haal.
Ons het tussen die weelde van
’n grys landskap die sabbat
van ’n vervolmaakte
wond in sikliese
manifesterings
bewonder.

Haar metgeselle was
onpeilbare emosies wat met
soveel meer na my hart
gereis en iets uniek
binne my laat
ontwaak het.

Haar stem die skim wat
’n vaal dag se siel
in metafisiese sfere
vol silwer laat
skilder.

Wanneer ek
terugkeer, is my
beker vol

maar die koue
haat
van realiteit
kloof my kop
gevoelloos
oop.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wow
Ek verstaan nie baie nie maar dis regtig goeie bewoording.
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar