Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek kan skryf
want jou woorde kom altyd iewers vandaan ,
ek kan wegdryf
want jou stroom sal altyd iewers heen gaan .
ek kan jou liefhê
want jou verstaan sal my altyd verstaan ,
ek kan droom
want ek kan jou drome nie vermaan nie ,
ek kan my trane afvee
want jou lag kom altyd iewers vandaan

Ek sal nie kan staan nie
en jy sal by my staan ,
ek sal nie verstaan nie
en jy sal by my staan ,
ek sal niks oorhê nie
en jy sal by my staan ,
ek sal niemand wees nie
en jy sal by my staan ,
ek sal nie meer dieselfde wees nie ,
en jy sal by my staan

Daarom sal ek in jou plek by n sterfbed
of n kis of n graf staan ,
al is dit my eie ek sal by jou ook staan ,
daarom sal ek vir jou in n bodemlose put
van pyn of seer of vrae afval ,
al was dit oor my ek sal by jou ook staan ,
daarom sal ek voor jou koeël inspring
of jou voor n kar wegstamp
en al is ek te laat sal ek nog steeds by jou staan ,
want jy doen al hierdie dinge vir my ,
en jy staan nog steeds by my


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jy staan
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Water projek
5 jaar 2 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar