Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos 'n blaar van die boom wil ek sweef

So vry soos die voëltjies in die lug wil ek leef

So saggies soos die môre-son wil ek skyn

Soos die sterre in die lug wil ek nooit verdwyn



Nes die mot reen teen jou vel wil ek jou aanraak

Nes die wind deur jou hare wil ek by jou wees

Soos die natuur se geluide wil ek he jy moet my hoor

Soos 'n skatkus in die sand moet jy my liefde by jou stoor



Wanneer jy val wil ek jou op help,

Wanneer jy seer het wil ek jou dra,

In al die goeie tye en al die slegte tye,

My vriendin, staan ek deur alles daar.



Ek wil saam jou lag soos net 'n kind kan lag

Ek wil saam jou huil soos 'n wolf in die donker nag

Ek wil saam jou sweef daar bo in die lug

Ek wil saam jou oor als kom, maak nie saak hoe hoog die brug



Ek is daar vir jou in tye van nood

Ek stap saam jou al is die probleme hoe groot

Ek val saam met jou in tye van seer

Ek sal jou op help elke keer, weer en weer.



Ons is saam in die wêreld

Ons vlieg saam soos 'n arend

Ons hou vas aan mekaar

Want jy weet ek is altyd daar.



Ons is vriendinne gemaak deur God



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ek hou hierdie ode aan 'n vriendin. Dis lees maklik.
5 jaar 11 maande 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar