Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

een druppel bloed
op 'n ruwe kruis
soldate wat luidkeels
die spot met Hom dryf

'n moeder staan planloos
hartroerend en snik
'n vriend skud sy kop
wyl 'n traan uit hom drup

'n man aan 'n kruis skree
"wat maak ons nog hier!
jou God kan verseker
Sy engele stuur?"

'n glimlag, vergewend
verskyn in Sy oë
'n bede dat selfs
hierdie moorder sal glo

'n ander roep uit
"Here dink tog aan my!"
Sy woorde is sag as hy knik
"jy's by My"

met een laaste asemteug
roep Hy na God
en sterf as oorwinnaar
as Redder vir ons

Sy redding en vrede
is joune weet jy?
Al wat dit kos is
Sy naam te bely

net soos sy bloed
die kruis rooi kon kleur
reinig jou wese
na redding en eer

was dit verniet?
(al Sy leiding en pyn)
of sal jy vandag
jou afhanlik bely

weet God se liefde
oorwin al jou seer
in siekte en seerkry
vernuut Hy jou weer

soos water toe wyn word
en siekte genees
dowes kon lofprys en
blindes kon lees

so bring hy 'n vars
nuwe lewe vir jou
hierdie paasfees en altyd
Sy liefde en trou

Aan God al die eer!
van nou tot in ewigheid
luidkeels verklaar ons
Sy heerskappy heerlikheid.

Amen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verniet
wow ek wil baie graag AMEN se. Dis pragtig.
5 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


O
Dis soos 'n vars nuwe boodskap ... soms so nodig om weer daarna te kyk, te onthou en weer te rig .... Dankie
6 jaar 5 maande 3 weke 18 ure oud


Verniet
Baie baie goed geskryf!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar