Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sou ek verf en kwas
oor doek laat draf
van niks in kleur verander

sou ek donker blou en wit wolke
oor groen berge laat vertoon
mistigheid in klowe verewig

sou ek kranse op berg laat uittroon
grotte met nostalgie uitbeeld
vallende rotse ‘n werklikheid maak

stofpaaie vir kilometers voor my uitbeeld
dooie bruin gras soos sierade laat pryk
swart verbrande bome pilare van die natuur

rooikat wat sy prooi bekruip
grasieus elke spier in sy liggaam styfgespan
tot hy oorgaan in aksie

as ek maar ‘n skilder was
sou verf en kwas
wolke, berge, droogte en brandvelde
en dier nie my kwas ontglip.

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skilder
Defnitief is jy 'n skilder met woorde.
4 jaar 8 maande 2 dae 12 ure oud


Kwas
. . . ek dink jy het mooi genoeg hier geskilder . . . :)
4 jaar 8 maande 2 dae 23 ure oud


skilder
Miskien nie n skilder met die kwas nie maar n meesterskilder met woorde
4 jaar 8 maande 2 dae 23 ure oud


skilder
wel ek dink jy het die mooiste woordskildery hier vasgepen!!!
4 jaar 8 maande 3 dae 13 ure oud


Was ek maar 'n skilder
Ek sê dieselfde! maar jy't nie sleg gedoen met ink en papier nie.
4 jaar 9 maande 2 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar