Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wasig hang die nuwe somerdag,
die lug is diep kobaltblou
en hier en daar skitter die dou van die nag
as die nuwe môre in haar glorie ontvou

en vroegoggend is die oomblik vreedsaam en stil
waar net die geskreeu van die kiewiete weerklink
voor sonlig oor die vensters van die huis tril
en dis dan wanneer mens aan dieper dinge dink.

In die agterplaas wieg roosbome rond
in ‘n ligte wind wat net hier en daar vat
en daar is groente in rye op die rooi grond
waar jy natmaak en my onverwags nat spat

en daardie koue waterstraal
my uit my eie gedagtes uithaal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wasig
Dis nou vars en mooi :)
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 18 ure oud



Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar