Gedigte

Titel: "Wat As"
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verwagtings verander in fantasie
en ek
.
.
.
.
l
a
a
t
.
.
.
h
u
l
.
.
v
a
l
.

Tot in vergetelheid
In die lee wereld tussen niks en nerens

Sovele kere het ek op onvaste stene getrap
en telkens



g
e
v
a
l



So baie keer


bebloed na asem gesnak
wonde verseel met beloftes van hoop
deur myself voorsien
selfopgemaakte flou verskonings
struikelend deur drome van onwerklikheid


Ek staan op
Vee die “wat as” met ‘n ou gebruikte lap af

Tree na die volgende onvaste steen met
Gedagtes van

“sal ek weer val?”

Ek verf gom van wilskrag onder my voetsole………



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

War as?????
Hi Girl! Eerstens jy moet onthou... As is verbrande hout.
Verder ek hou van jou manier waarop jy my oor al die dinge uitvra. Dis heel verfrissend en opwindend. Ek het eers gedog ek sal op my kop of op my sy of maag moet lê om alles gelees te kry... Toe sien ek aag nee wat.. dis nie sooo ingewikkeld nie.Nou moet ek ook vir jou sê jou gemoedstoestand wat so tussen die lyne deurkom, laat my diep dink en ek wonder wat is die rede wat jou so laat wonder!
Mooi geskryf! Voorspoed! en mag jou gom jou regop hou!
7 jaar 10 maande 6 dae 5 ure oud


Die verpligde onderwerp
slim tipografie - funksioneel briljant
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 8 ure oud


"Wat As"
Pragtig. Ja, so worstel ons mos maar almal van een wankelrige steen na die ander.
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


wat as...
die volgende steen stewig en vas is? Pragtig gedoen!
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Wat As
Ai Adelhaide, ek voel jou moegheid en onsekerheid, ek sug DIEP saam met hierdie gedig! Die lap is al baie oud en gebruik om soveel keer trane van droe en lee verwagtings-skerwe af te vee! Flou verskonings gebruik om oop wonde mee toe te plak, waardeur bloed van seerkry suifer.

Wel gedaan!
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


when you fall...
Dis so treffende gedig... Woorde wat almal mee kan vereenselwig. Ek hou altyd vas aan die woorde: "Whenever you fall, pick something up" - Oswald T Avery
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


Well done!
Jy dwing ons om saam met jou te val!
'Ek staan op
Vee die “wat as” met ‘n ou gebruikte lap af'
- manjefiek
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


adelhaide
wow! pff! indeed
baie goe gedoen dit gedig, qua inhoud en qua layout!

knap, chapeau

greetz enrico
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


....
en Job het homself gekrap met potskerwe...
Maar darem die self-optel is altyd daar.
Ek hou van die konstruksie hoe dit bedrae tot die inhoud.
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Wow!
Ek's mal oor die inhoud en tipografie van jou gedig!
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Wat as...
Val en opstaan op interressante manier weergegee! Ons almal het al soveel lesse daaruit kon leer dat mens eintlik moet aanvaar dat dit soms nodig is. Heel tereg het jy die wonderlike "gom van wilskrag" daardeur ontdek!
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


vastrap....
Of hard val
Almal wankkel by die vraag



Wat as......
Baie baie mooi!!
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


wat as
Jy het pragtige fotos en jou hart dra jy op jou mou,ek het 'n klompie van jou goed gelees en dit geniet.Ek vermoed daar skuil,soos by my,maar heelwat seer
7 jaar 10 maande 1 week 3 dae 23 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar