Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ai, my wispelturige, avontuurlike hart
wil jy my uitlok... my doelloos tart
wil jy baie graag altyd jou sin kry
sê my net, wat doen jy hier met my?

ek pleit met onwankelbare teëstand
genadeloos breek jy alle weerstand
wat ek voortdurend probeer opbou
gaan jy eindeloos hiermee volhou?

jy is met my altyd een treetjie voor
ek wil glad nie jou tirade aanhoor
jy weet goed hoe ek van binne lyk
het jy nog nie diep genoeg gekyk?

my hart, ek is broos, maklik vatbaar;
vir jou handelswyse...onaanpasbaar;
ek mag moontlik ietwat verward lyk
jy bring my nie dié keer van stryk!

©12/04/10 Joan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi, Ma-linguis!
9 jaar 11 maande 4 weke 16 ure oud


ai mma, dis reg staan sterk, moet nie toelaat dat mma se hart van stryk gebring word nie, ditsem :-)
liefies xx
10 jaar 2 dae 17 ure oud


Staan jou staan suster... behalwe... as jy nie regtig wil nie. Baie mooi!
10 jaar 3 dae 5 ure oud


Goed geskryf met die hart as tema! Die hart kan maar ook dinge laat skeef loop!
xxx
10 jaar 3 dae 16 ure oud


nou wonner spataar .... vir wat of vir wie raak die hart dan nou so moeilik?
10 jaar 3 dae 18 ure oud


Stunning
ek pleit met onwankelbare teëstand
genadeloos breek jy alle weerstand
wat ek voortdurend probeer opbou
gaan jy eindeloos hiermee volhou


Die hart laat mens lekker bontstaan...
10 jaar 3 dae 20 ure oud


---
wil jy my uitlok... my doelloos tart
wil jy baie graag altyd jou sin kry
sê my net, wat doen jy hier met my?
--- Ek LIEF hierdie stry/baklei wat jy met jou hart aan die 'go' het Ma-linguis ...!!!

((BUT, do we ever learn! !Lag!))
10 jaar 4 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar