Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my kleur is babatjie
want babatjie begin kruip
my kleur is liefde
my kleur is verlange
na babatjie

babatjie se kleur is
kaste oopmaak
tupper uitpak
babatjie se ander kleur
is net liefde

babatjie begin volkleur
nou-nou loop
na my toe loop
Desember
en my lewe dan inkleur

vir die hele maand
skoppelmaai en kaskar
poppekas en vlinders vang
nat bek oop bek rooi bek soen
ekstaties die vol lewe ding doen


Willie F van Tonder
2012/08/10



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wat s my kleur
Oupa se kind...word nou te pragtig hierdie gaan in die skatkis vir haar grootword gebere word.
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


Kleur
Ha ja, dis 'n baie slim plan swaai daai! En ek sien jou al trek aan die kaskar. Allie strate van Potch vol en dan gaan maak julle keel nat by die kuierplekke en bel vir ouma om julle met die regte kar te kom haal.
4 jaar 8 maande 2 weke 8 ure oud


Ita
kleur
jou liefde vir haar kleur al self die woorde.
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


baba

. . . . die kleur van jou as goud
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


jou kleur
is prgtig!!!
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


:D
Daai allergie-ding was baie goed...nou skryf jy kookwater!
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

    deur Francis Gillieron

    Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar