Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My teleskoop bring dit wat vêr is na,
dit maak die maan se kaas onklaar,
dit wys dat Jupiter net nog 'n windbol is;
met net vier sigbaar' maantjies wat die grote lyf omring.

As ring 'n ding is wat jóú ding is,
is Saturnus net die ding
om al die ander te omring.
Die vergesig van alles wat van naby anders is,
maak van die dinges nou 'n ding,
dit gee daaraan 'n naam,
al is dit watsenaam.

Is dit Aries of Antares,
Rigel of Canopus,
dalk Andromeda-konglomoraat...

Die spieëls en lense bring
die lig van lankal deur die tyd na nou.
Die melkweg is geweldig groot,
maar tog oneindig klein,
sou ons nou die heelal in sy ewigheid beskou.

En...
sênou al die malles was toe werklik reg;
dat ruimt'en tyd nie maar net soos
'n klein ou stroompie in een rigting vleg?


Dat ons,
as ons net lank genoeg kan aanhou kyk,
ons dalk in onse eie gisters vas kan kyk?
Ons stop dalk eendag langs die pad
en groet ons ander self beleefd;
help miskien ons eie ek
om spoedig weer met stywe bande te vertrek.

Ons sou die seer kon keer,
ons sou die klok kon stop;
ons kon die kaartjie sommer ignoreer,
ek kon die aand mos in sy moer in suip:
 

En...
ons kyk nie na mekaar nie,  
ons dans nie en ons praat nie,  
ons groet nie maak-beleefd nie, 
ons stap met dowwe oë by mekaar verby.

Ons raak mekaar nie aan nie
en ons paaie kruis dan nooit nie...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lig
Pragtige werk, dit laat mens dink
4 jaar 11 maande 2 dae 19 ure oud


lig
Die eerste deel van jou gedig is so lekkerlees en baie interessant. In die slotgedeelte lees ek 'n groot seerkry raak. Gelukkig/ongelukkig kan ons nie teruggaan in tyd nie. Ek hou nogal van wat jy hier gedoen het :-)
4 jaar 11 maande 3 dae 9 ure oud


wat lig ons bring
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 3 dae 9 ure oud


lig
Voortreflike slot. Mooi gepen.
4 jaar 11 maande 3 dae 17 ure oud


wat lig ons bring
Dis nogal waar ons ploetter maar aan.
4 jaar 11 maande 3 dae 20 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar