Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie juis skattebol, oulik, liefie
Bokka, sexy, engel of poppie nie
My naam is nie sweetie pie
Of aspoestertjie of prinses nie

Moenie vir my vertel hoe jy beplan
Om vir my badwater in te tap nie, ek kan
Moenie roosblare oorstrooi nie
En moenie kamstig kerse brand nie

Met die soetste stroop om jou mond
Se jy so half cheesy jy aanbid die grond
Waarop ek my groot voete neerlê
Ek dink: “vir wat moes hy nou dit sê”

Met jou corny sensuele stem sê jy
jy gaan my masseer dan warm vry
al die tipiese goed wat in boeke staan
hoe gemaak om ’n vrou te verstaan

ek weet nie, dit doen dit nie vir my nie

maar as jy, soos hy, saam my kan lag
my trane afgdroog en niks anders verwag
’n Hele nag deur met my kan praat
En saam my kan giggel oor kattekwaad

My hand sal vashou as ek bitter bang is
My filosofië sal vat net soos dit is
My uitmakeeruitval soms sal verdra
Te wag tot my storms weer bedaar

Ek wil weet en voel jy is my maat
Verseker weet jy sal my nie verlaat
Aangeplakte romanse kan my nie beïndruk
Dit kom en gaan soos dobbelgeluk

Jy moet langs my voel
Soos my vel, en wat jy sê, bedoel
Dit is vir my liefde (weet jy hoe?)
Wees vir my lief tot MY einde toe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Presies
Uiteindelik! 'n Vrou wat weet wat sy wil he. Jy is verfrissend, kan ek jou kloon want ek soek ook een soos jy.

Jy het sopas iets bewys wat die moeilikste ding is om 'n vrou te laat verstaan, en dit is die gevare van romantiese liefde. Hulle word groot en dink dit gaan soos in die flieks wees en dan is dit nie so nie. Maak uit met die ou en soek dit in die volgende ou. En dan eers op so 28 tot 32 kom sy agter waaroor dit regtig gaan.

Dankie vir die mooi gedig.
11 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


BRAVO!!
AWESOME!!!
jislaaikit, ek hoop alle mans kry hierdie gedig te sien!!
hierdie is 'n vrou se wens pragtig uitgebeeld!
duideliker kon niemand dit stel nie.
baie baie goed geskryf!
BRAVO!!
groete
Mads
11 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 22 ure oud


PUIK!!!
Puik geskryf Aster....
11 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Fantasties gesê!! (maar mag ek maar erken ek wil ALLES hê? Die saamlag en gesels maar ook die kerslig en lekkerruik badwater, al die bederfies. . . hêhêhê))
11 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


wat 'n vrou wil he
Fantasties gestel! Ek is absoluut MAL hieroor - veral die laaste sin...tot aan MY einde.

Wow!

e
11 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Pragtig!
Geen krulletjies en draaitjies nie - reguit op die man af "in your face"! Fantasties geskryf. Jy het hier saamgesit alles wat ons vroue regtig WIL he, maar ongelukkig (soms) is van ons vrouens net eenvoudig so ongelooflik eensaam dat ons onsself daai vieslike gat in die kop laat praat, net om daarna heeltemal leeg en meer eensaam as voorheen te wees.

Ek bewonder hierdie gedig, dis eerlik en opreg, en ek dink iemand het al 'n opsomming hiervan op 'n t-hemp gedruk, dit lees : "hierieboeremeisievatimeekakie"!. In teendeel, al daai boeke wat geskryf word oor "hoe om 'n vrou te verstaan" moet jou gedig as voorwoord he!!!!

Ek kyk uit vir jou volgende skryf!

Groete,
Andrea
11 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar