Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat sê ‘n ma vandag
Vir haar dogter?

Ek knip die vlerkie.
Ek gee jou oor aan die lewe.
Ek skenk jou die geluk van die lewenswater.

Maar ek sê ook aan jou my dogter,
Die lewe blink nie net nie,
Die lewe skitter nie heeldag nie,
Die lewe bied nie net liefde elke dag nie.

Die lewe het winde wat waai,
Wat verwoesting saai.
Daar is storms wat woed,
Haelkorrels wat alles vernietig.
Dwarrels wat alles deurmekaar waai.
Misreën wat die sig belemmer

Maar my kind,
As jou geloof sterk genoeg is,
Kom die son weer op,
Bring elke nuwe sonstraaltjie ‘n goue glinstering.
En daarby saam,
Geluk en vrede.

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ma
Ans dit is n uitstaande werk hierdie laat mens skoon knop in die keel kry
5 jaar 2 dae 16 ure oud


wat se n ma
Ja Ans ons wat dogters het, het seker almal die vlerkies een of ander tyd moes sny net, sjoe en ons wil ook nie graag nie ne, maar ons moet. Jy laat my so dink aan toe my dogters huis verlaat het. Jy het pragtig geskryf en n traantjie het in my los gewikkel.
5 jaar 3 dae 4 ure oud


Om te laat gaan
Hi Ans,

Mooi en eerlik! Dit is sekerlik 'n ma se grootste uitdaging om 'n kind te laat gaan met die wete dat hulle hul eie foute moet maak en seer gaan kry!
5 jaar 3 dae 6 ure oud


Ma
Pragtig, pragtig, pragtig!
5 jaar 3 dae 7 ure oud


wat se n ma
dis n pragtige boodskap aan enige kind... puik gepen Ans
5 jaar 3 dae 7 ure oud


Wat sê 'n ma
Baie goeie raad aan enige kind.
5 jaar 3 dae 10 ure oud


Wat sê 'n ma
Wat sê 'n ma, net die nodigste om haar kind te onderskraag vir 'n positiewe uitkyk op die lewe.
5 jaar 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar