Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Watter soort minnaar is jy...
een wat net die lakens binnegly
sommer reg vir ’n vinnige vry...
dankie vrou...dit was gou!
ek is vreeslik lief vir jou!
snorkend liefdeslig verflou!

liefdemaak is ’n ernstige saak
begin dit sommer as ’n dagtaak...
wanneer jy vroegoggend ontwaak
soene met liefkosende komplimente;
raak subtiel aan die hormonale punte,
die spel kan dan reeds begin...

vuur die liefdesgloed aan deur die dag...
nie tot nommer në-en-neëntig wag!
oproepies en liefdeswoordjies sag,
lonkende blikke aan etenstafe,l
sal alle weerstand lag-lag uitrafel.
ken die hart van die vrou!

skep ’n romantiese atmosfeer.
jy het dit, moet net weer probeer...
onthou jul spontane hofmaak tyd,
geluksalige, sinvolle liefdesjolyt.
laat die liefdesvlam hoog brand
soen haar, hou vas haar hand.

Mens raak al te maklik in ’n groef
met tyd, in die liefdeslewe stroef:
nie meer nodig om dankie te sê,
dat julle mekaar ewig lief mag hê;
bedsake word vinnig opsy geskuif
slaaptyd word lippies toegewuif...

en jy slaap...snorkend voort...
dink dis hoe dit maar hoort.
besef nie die liefdesnood...
dit word die nag ingestoot.
huwelikslewe aan ’n koord...
liefdesliggie gaan ewig dood!

©11/05/2010 Joan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

raak gevat, goeie raad, puik mamma!
9 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 14 ure oud


Nou ja, mense skryf lywige boeke oor huweliksberading, -liefde en die liefdesdaad en hier gee jy die heel beste raad ooit in die bestek van 'n 6 vers, 200 woord gediggie. Dis PUIK gedoen vrou van wysheid.
9 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Waar is my dowe oor nou?
Goed geskryf.
9 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


goeie raad....
heeldag se foreplay....
dan die hoofmaal.....
en die nagereg/afterplay.
9 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


Ek wens elke man wil hierdie gedig van jou lees! En dan wonder hulle nog hoekom meeste vrouens "koud" is???
9 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


'n Goeie les hierdie dr!
xxx
9 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


LOL
Baie skerp
Gaan dit beslis raam en bo my bed hang!
9 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar