Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



’n Skril fluit skeur
deur die onskuld van
sonsopkoms –
dit is dan wanneer wandelaars
van die leemtes hul grensgebied
binne my graf
afbaken.

Skuldgevoel in die gloed van
onrus wat sloer in die bakhand
rugkant van ’n liggaam
leweloos tussen gras en
blare.

Gebeentes roep van die aarde
af na storms in my onbewuste;
skyn-realiteit verdring oordeel,
bring gevoel.
Kultiveer tussen as die steen
des aanstoots wat ’n
mikrokosmos van die verlede
laat blom.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wedergebore lafenis
wow ek buig laag voor hierdie uitstaande werk!!! PUIK!!!
3 jaar 10 maande 19 ure oud


die weervoorspelling
manjifieke werk.eenvoudig in kompleksiteit.
n Weer lees werd.
*************
3 jaar 10 maande 1 dag 1 uur oud


Wedergebore...
Sjoe!

"..die onskuld van
sonsopkoms.."

hierdie is vir my aangrypend goed verwoord..

Dis weer-lees werk, hierdie!
3 jaar 10 maande 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar