Gedigte

Titel: Ween-ter
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onsigbaar -
lang krom koue vingers
maak jou teenwoordigheid
op slinkse wyse ken.

Vingerspore teen vlees
rillings tot op elke been
Ysigheid in bloed, are –
Verklaar jy is daar.

Wolke-asem soggens
rugmurg- trilling waar jy blaas.
Sonder genade in-gedring
maak jou tuis soos baas

Trane ween
vir jou koms –
Jy ‘s tog so ongenooide gas.
Mr Weenter -
Vir elk oumens
is jy groot las.

Verdryf vir Vroliksomer
Met jou indringer wil
Laat kinders mismoedig stil.
Ure lusteloos en dromend.

Maak jou maar tuis -
Vir jou het ons wel
‘n teenkuur aan kom
en jou kuier van korte duur

Haal uit - potte prut die sop,
stook ‘n kletter kaggelvuur,
gooi daai wyn met skop.
Bring vriende hier –
Daar het ons jou antidote.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek hou hiervan, dit is so mooi beskryf en dan heg ek nog ander konnetasies ook daaraan.
Ek wou jou laaste reel lees "so het ons jou gefop".
Baie goed gedoen.
Groete,
PM
10 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Kan amper vra, van waar Gehasi. Welkom terug.
11 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


'n pragstuk oor die winter stunning
11 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar