Gedigte

Titel: Wees vry
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Snaaks genoeg voel ek nie die dae so vinnig verbyvlieg soos die jare nie
As ek nou terugkyk op my lewenspad is dit so gou verby
Wanneer het my kinders so groot geword?
Wie is die vrou met die plooitjies in die spieël?
Dit was gister nog wat ek pruimgesig was oor naaldwerk
Nou wil brei en hekel, meer as net knope aanwerk
Die hi-lights van my jeug is nou permanent
Kleur op kleur om `n witkop te keer
Ai die kinders se doef doef musiek
Hulle sê “Ou Moeder, jou smaak is antiek”
Die tyd gaan in `n oogwink verby
Onthou om te lewe, te laat leef
Wees Vry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vry
Ja-nee as ons ons oë uitvee is nog 'n dekade agter die rug wat voel soos gister. Ek vereenselwig my daarmee
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar