Gedigte

Titel: Wegkruiper
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

* Opgedra aan my broer , Julian Etchells . 1 November 1973 – 1 Julie 2015 .

Jy speel net wegkruiper , jy,s nie rêrig weg nie , tog
soek ek jou , en kry jou nie , want
jy,s in die skemer agter my , maar
ek draai te laat om , en die rou pers is
klaar pruim , en die pruim word
die nag se drop smaak in my mond .

Jy speel net wegkruiper , jy,s nie rêrig weg nie , tog
wag ek , en voel jou nie , want
jy is in die son bo my , maar
ek kyk te laat op en jy rol agter
die wolke in , en die wolke rol agter die reën in
wat huil buite my venster , en binne my ,
en uit my oë , en in my huis
se vier hoeke wat my vas druk
terwyl die weerligte flits maar sterre moet wees
voor die blitse slaan wat selfs die maan vrees .

Jy speel net wegkruiper , jy,s nie rêrig weg nie , tog
soek ek jou maar ek kry jou nie , want
jy sê dis oukei , maar dis nie , want dis nie
wat jy sê nie , dis hoe jy dit sê ,
en ek draai om , en wil gaan lê en slaap , en
vergeet hoe jy geklink
het , maar dis soos die advertensie op die dvd’s
van die seuntjie wat tv
kyk en gaan slaap en nagmerries
kry terwyl sy kamer blink
in die flitse waar sterre moet wees
voor die blitse slaan wat selfs die maan vrees .

Dan word ek wakker en ek,s kwaad , en my wil
is n derde oog wat skril
my pas
en jy klim weer uit die kas
van jou heksagonale kis
en ek hoef jou nie te mis
en die môre is n geelperske
wat jy vir my gee om te eet ,
n verbode vrug wat geen perke
ken , wat die kennis van seer kan meet
in die bodemlose put wat alles van my vreet
terwyl ek val , eindloos in onthou
en die mosbeelde uit die koue mure om my vou
en jy verbyflits as jou lewe op en ek af
val vir my straf

Jy speel wegkruiper , jy,s nie rêrig weg nie ,
maar moenie verder speel nie ,
want ek draai altyd te laat om ,
en dan is jy nooit daar nie

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wegkruiper
jy het hierdie diepseer verlange so mooi vasgepen... *Drukkie
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar