in fluistervertrekke
sluip snags
stil donker figure
met naskeermiddel-geure
wat soms klein bekke
toedruk en jags
soos tropdiere
met of sonder geweld
vat wat hulle wil hê
en kinders gebroke en seer
vreesbevange agterlaat .
Elke pa is nie ñ held
en elke ma lê
nie en slaap daardeur ...
– so word geslagte geskaad
in ñ siek siklus
van kinders verkrag
van kinders molesteer .
Welkom in die hel
hier waar dierlike lus
in die dag èn in die nag
gewetenloos grynsend regeer
wat tussen hulle gebeur
hier waar kinders huil en bloei
terwyl grootmense in fluistervertrekke knoei .
Agter toedeure
in fluistervertrekke
sluip snags
stil donker figure
met naskeermiddel-geure
wat soms klein bekke
toedruk en jags
soos tropdiere
met of sonder geweld
vat wat hulle wil hê
en kinders gebroke en seer
vreesbevange agterlaat .
Elke pa is nie ñ held
en elke ma lê
nie en slaap daardeur ...
( 30/10/2015 15h11 )