Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

chariots of fire speel saggies dog dringend
wyl soepel spiere springend tril
die skare, rooi geaar, gil waansinnig
medaljes is geen arabeskes maar

glorieryke bewyse hoewel efemeer
geen korpulensie word hier bespeur
lenige silhoeët sal seëvier
van bo-menslik noeste atlete wat

vlytig oefen dwardeur olimpiade
gesublimeer ten spyte van die wind of temperatuur
als gerig op hubris en verheffing van die
anima en oppomp bekwaamheid van die self

groot tumult voorspel trawal
brons en silwer tweedehands, gee die goud
verskil van kampioene bloot 'n breukdeel
tyd gesny in honderdstes

phelps jou aap jy raak te laat ou maat
le clos jou doring jy het nuwe akoliet ons koning




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie, baie goed....Iets wat almal op hul tone het, het jy in 'n kunswerk omskep.
Baie mooi...Ek hou hiervan.
7 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud


Rosa
Jy beskryf daardie oomblik treffend en ja, die trane het vryelik gevloei. Baie dankie vir hierdie werklik puik gedig van jou.
7 jaar 8 maande 4 dae 15 ure oud


Mooi!
Ons harte het ook geswel van trots op die Suid-Afrikanertjie met die Franse naam wat enclosed field/vineyard beteken. Dit het nogal vir my die dieper betekenis, dat God nie van Sy wingerd daar ver vergeet het nie. Hy dra vandag 'n goue medalje om sy nek!
7 jaar 8 maande 4 dae 21 ure oud


Ita
wen
mooi beskrywing en het gevoel ek wil saamsluk aan die emosie met Chad laas nag.En glorie vir SA in medaljes gewis
7 jaar 8 maande 4 dae 21 ure oud


olimpiese spele
ek hoop jy kan darem bietjie kyk so tussen die baie huiswerkery deur Enrico hehehe! lekker Woensdag verder
7 jaar 8 maande 4 dae 22 ure oud


hoi rosa
baie gaaf gedig over die olimpiese speele!

nie obesitas daar nie haha, nope just muscles

graag gelees!

gr en geniet jou woensdag

enrico
7 jaar 8 maande 5 dae 2 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar