Gedigte

Bladsye:
Titel: Wens
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wens ek het jou nooit gesien nie
nooit jou naam gehoor en omgedraai toe jy my roep nie
want jou aantreklikheid het my weer laat kyk...

Ek wens ek was nooit dors nie
nooit tee gedrink wat jy met deernis gemaak het nie
want jou stem het my bekoor...

Ek wens ek het nooit daai lied geluister nie
nooit met jou stadig op die houtvloer van jou kombuis gedans nie
want jy het my verlei...

Ek wens ek het jou nooit terug gesoen nie
nooit dat jou lippe, perfek en sielvol op myne laat plaas nie
want jy het my hart 'gesteel'...

Ek wens ek het jou nooit gehoor nie
nooit my aan jou soete woorde om my te waardeer gesteur nie
want jy het my verniel...


Ek wens ek het nooit verlore geraak in jou nie
nooit dat jy my hart verlei en uitgeskep en gesteel,
iewers toegesluit,iewers gevangene gehou...
Jy het het my verniel vir enige iemand anders...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hang in there
Dankie, die gedig is nie eintlik bedoel om 'n hartseer gedig te wees oor verlore liefde nie. Eerder 'n gedig oor hartseer van die besef dat alleenwees so maklik opgegee kan word vir die regte persoon op die regte oomblik. So, dis 'n agterste voor liefdesgedig...
8 jaar 3 maande 2 weke 4 dae oud


---
Ai Bekki911, hierdie vers van jou is darem maar erg hartseer! En jy't die gevoel !Skitterend! vasgepen!

(Hang in there! Hulle sê dit raak beter!)
8 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Dagboek van die tuinvoëls

    deur http://www.woes.co.za/

    Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar