Gedigte

Titel: Wens
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die seerkry in jou oë
is woorde ongesê
van liefdesdrome
wat brokstuk om jou voete lê.

Jou gisters is versplinter,
oor jou toekoms druip die nag
en waarin sterreprag moet wees
skroei die pynvlam van vandag.

Ek wil die hemel vir jou losbreek
rosynekoeke bring,
jou met soetappels verkwik
en ʼn bossie nardusblomme
soos ʼn string geluksklokkies
om jou hals rangskik.

© C. Potgieter 2013-02-24



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Oe, ek hou van die laaste strofe veral! dis so geurig!
7 jaar 1 maand 2 dae 12 ure oud


Wens
Dit is die mooiste wense.
7 jaar 1 maand 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar