Weergawe: 1
Aantal woorde: 148
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 31 Dec 2015
verby die lewe se aanslae en gevaar
maar dank is aan Hom wat ons beskerm
Hom liefderyk oor ons weë ontferm
Dankie, aan almal wat getrou inloer en lees
aan alle Woes vriende 2015 laaste fees
woorde kan geen gevoelens neerpen en vorm
weet net dit,- my waardering nederig-enorm
Kom sluit hierdie jaar wat afgehandel is
vol liefde, waardering, sonder enige twis
laat ons hande vat en saam vorentoe beweeg
die jaar wat voorlê is nog vreemd en leeg
Vertoef by ‘n roos en asem in unieke geur
moenie bekommer oor môre en wat dan gebeur
ons weë reeds vroeg sorgvuldig beplan
maak van vandag slegs beste wat jy kan
Voel die liefde aan wat om jou swerf
moenie die mooi van Sy skepping bederf
wens julle vreuge, geluk, liefde en vrede
oë Boontoe, vertrou op Hom met 'n rede
Lees ander gedigte deur Evelyn van der Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
So jammer so laat, maar eerder laat as nooit ne!
Baie dankie aan jou vir jou ope-vers aan ons Woesters. Dierbaar en bedagsaam. Mag 2016 ook vir jou wees presies wat ons Hemelse Vader spesiaal vir jou bedoel en mag die meetsnoere vir jou op die allerlieflikste plekke val.
MOOI BLY EN PAS JOUSELF OP.