Gedigte

Titel: Wie ....?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie ... kom daar onder met sy krombene aan
Wie ... sleep sy horrelvoete dat die stofstreep staan
Wie ... soek die groen in die bar droë grond
Wie ... draai tiekie in warm dwarrelwinde rond
Wie ... staan regop soos die paal in 'n dor dam
Wie ... streel met sy vereelte hande oor die kaal  'doringstam
Wie ... kom daar onder met sy hoepelbene nader
Wie ... kom te bid vir reën waar klipchristene vergader
Wie ... se oë is al seer gekyk vir die man-hand-grote wolk
Wie ... bid vir die donderweer om in stormweer te kolk
Wie ... besef die waarde van reën
Wie ... vra hoekom God ophou om die aarde te seën
Wie ... wie vra eers as hy dors het

Wie ... die kosbare water vermors het ... ?



 


© Zymrly 13 Nov 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wie
Jy kook Z

Nog n meesterstuk. Eks gek hieroor.

Dit laat my aan n volksliedjie dink. Dalk kan jy dit nou in een omskep sodat jou kinners se kinnes dit eendag kan sing.

Pragtig gepen.
4 jaar 1 week 4 dae 22 ure oud


Wie
Jou gedig gee ons almal stof tot nadenke. Ek stem saam met Kiekies se kommentaar.
4 jaar 3 weke 4 dae oud


Wie
Ja sowaar, wie? Uitstekende gedig!
4 jaar 3 weke 6 dae 22 ure oud


Wie
Pragtig geskryf. Goeie vraag.
4 jaar 4 weke 6 ure oud


Wie
Baie interessante styl wat jy hier gebruik. Pragtig geskrywe
4 jaar 4 weke 1 dag 20 ure oud


***
Interessante hoek waaruit jy hier skryf -- hou van.
4 jaar 4 weke 1 dag 20 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
veral die 1ste 4 reels.
4 jaar 1 maand 5 ure oud


wie
jammer vir die fout. God met hoofletter
4 jaar 1 maand 1 dag 12 ure oud


wie
Hoekom god ophou om die aarde te seën? dit is vir my die uittaande vraag in hierdie gedig. ons moet as volk terugkeer na God en dan sal hy weer die hemele open. God het voor hierdie volk kom staan en Sy roepstem is in hierdie droogte
4 jaar 1 maand 1 dag 12 ure oud


Jy kan dit weer vra!
Baie slim gedoen.
4 jaar 1 maand 1 dag 22 ure oud


Wie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 1 maand 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar