Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie het oor jou drumpel geloop, toe jy nog 'n woning van eer was?
Jy is gebou op 'n vaste fondament, die rukwinde en vloedwaters kon jou nie ineen laat stort nie. Die tyd het jou hoof sonder bedekking gelaat. Jy staan naak daar in die veld.

Wie het jy in jou hart tussen jou mure gekoester?
Het 'n baba sy of haar eerste lewenslig tussen jou mure aanskou, die eerste skree tussen jou mure geuiter.

'n Jong meisie wat met drome in haar oë op haar eerste liefde wag, en die voorhuis se kantgordyn versigtig lig, om te kyk of die geklap van perde pote haar ridder bring.

'n Moeder wat in die kombuis voor die vuurert haar trane met haar voorskoot se punt afvee, want haar seun, haar man het na die oorlogsfront vertrek.

'n Sterwende wat sy laaste asem in jou ingewande uitblaas.
In die veld rondom jou,lê 'n grafsteen, waarvan die inskripsie onleesbaar is.
Een van jou kinders!

Jy murasie, die nagwind huil deur jou.
Weemoedig huil die uil in die boom bo-kant jou.
Jy is uit gelewer aan die elemente van die natuur, wat dag en nag aan jou vreet.
'n Hart het jy nie meer nie.
Jy het rot, muis en slang se tuiste geword. Spinneweb gordyne waai voor jou vensterlose geraamtes.

Maar as die maanlig se glans jou baai in 'n bleekheid, weerklink voetstappe en sagte stemme nog in jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wie het oor jou drumpel geloop?
Baie goed verwoord.
5 jaar 3 maande 6 dae 11 ure oud


Drumpel
Ai Magrieta. Dit is ń pragtige ou spookhuis verhaaltjie wat jy hier verf.

Ek sien al die prentjies duidelik.

Mooi geakryf.
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


Wie het oor jou drumpel geloop
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar