Gedigte

Bladsye:
Titel: Wie is jy
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met jou groen blou oë
verwaarloosde sportbroekie
help my lyk sterk hempie
vervlenterde vellies

waarvandaan kom jy
so skielik uit die niet
sit jy daar alleen
met behoefte in jou hart

wat met hartseer
in jou loop
trane in jou opkrop
sonder drome in jou hart

as jy stil in die kerk insluip
met oorgawe na preek luister
‘n stille uiltjie knip
maar tog weer met waardering
luister en nagmaal belewe

as ons oë ontmoet
wat wou jy my sê
waarheen is jy weer oppad
as jy stil, stil verdwyn.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi
Hierdie gedig het met my hart gepraat.
6 jaar 3 weke 1 dag 1 uur oud


wie is jy
Jy het dit so mooi geskryf Ans, die gedig laat n gedagte agter
6 jaar 1 maand 5 dae 9 ure oud


WIE
Met deernis en so pragtig geskyf! Voel die uitgeworpenheid en verwaarlosing van die mens sterk aan..... Ek glo dat die soeker tog sal vind...wie hy ookal is....
6 jaar 1 maand 6 dae 21 ure oud


wie
pragtig neergepen .. soos skepe in die nag gaan ons bymekaar verby....
6 jaar 1 maand 1 week 2 ure oud


Wie
Saam wonder ek ook. Sal ons ooit weet? Miskien goed dat ons nie altyd weet nie.
Pragtig Ans.
6 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud


wie is jy
Pragtige gediggie Ans. soos corina sê, wonder saam met jou
6 jaar 1 maand 1 week 14 ure oud


Nou...
wonder ek net so kliphard saam met jou...!
6 jaar 1 maand 1 week 17 ure oud


--

Jou gedig laat my dink aan: 'n verlore kind, soekend na liefde, soekend na God..... Jou gedig is so, so mooi Ans!


* Daai hempies het ons altyd "Tarka`hempies" genoem.
6 jaar 1 maand 1 week 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    ROEPSTEM

    deur Charmain*

    Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar