Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wie sou kon raai
dat ons paaie weer sou kruis
na jare lange "nooit regtig vriende"
en hier is ons nou, ek en jy

stories uitruil van toeka se dae
het jy gehoor van die een, of wat hoor jy van daai een?
sien jy nog van die ou klomp?
is die vrae wat ons vra

lekker lui geselsies oor stomende koffie
wat vinnig koud word soos die gesels aangaan
en dan moet ons weer bestel net om weer koud te word
en so kan ons aangaan die hele dag.

dis lekker om jou te leer ken
al was ons jare saam onder een dak
maar die is anders, die is nou
en die stories maak ons saam lag

wens ons kon langer kuier
tyd snel te gou verby wanneer vriende saam verkeer
dan maar weer huiswaarts
tot 'n volgende keer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Die gedig gee presies weer hoe ek dit ook hier in my middeljare belewe! Na die gedruis van kinders groot en geleerd kry, kuier ek nou by vriende en vriendinne van 40 jaar gelede - en die wonderlikste is dat mens net eenvoudig aangaan daar waar jy dekades gelede afgebreek het!
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


wie sou kon raai
Hou daarvan. So lekker om saam met vriendinne te kan kuier en kekkel.
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar