Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog 'n woes jaar is amper verby
lank leef Pat en Irma-Mey!!
dis die Woes hostel wat hulle bedryf
en in die Jaquzzi wys die woesgirls lyf
Marmot en San is ook 'n lekker sports sowaar
Hercules, vat die gap, hy's graswewenaar
hy kuier so lekker, gaan sommer oorslaap
en LB doer ver uit die pragtige Kaap
Jeanne D'Arc en Stof, actors van formaat
Ah, en Rudi my lekker woes maat
Mamagud en haar gang kom maak 'n draai
dis Posman en Frankie se eerste woes braai
Narcissus kom al die pad van Vereniging
BennieB, ek sal onthou van die 'onderbroek' ding
Zymrly, altyd dieselfde, dis wat ek like
Lindri wat arriveer op haar stunning bike
LL sommer moerig want sy moet huis toe gaan
MCE, 'n MOET by 'n party, uit en gedaan!!
Chiara, mooi mens wat nie 'n woes-braai mis
patricia, wat 'n woes-girl kalender op gaan dis
Woordjieboer kom kuier ook met die 'nek'
dan was Robelle ook daar, dis nou, ek!
Blonde bom, en vriend Jaap, dis nou Rex
Vlakvark, jy lyk goed na 30 jaar se sex
Magenta moet help, kry Catbury se oog 'unstuck'
want SY wou mos vals ooghare op plak!
John Baxter se familie kuier ook saam
PappaSmurf, lyk glad nie soos sy naam
sorry MESS, jy was so stil, ek het jou vergeet
,aar toe onthou ek jy het darem lekker geeet!
OH!! gatta patat, amper vergeet ek van At
dis nou Ontluiker.......en weet julle wat? 
Celiab, bring die heerlikste yskas koek
Ons is almal hier, vir MARCIE, en haar boek.












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woes geniet
Woes braai gedoop met die teenwoordigheid van die Posman en Franki. Die eerste ontmoeting van 'n familie waar ons dadelik woes verwelkom is. Dankie aan almal wat dit werklik onvergeetlik gemaak het ons is definitief volgende keer weer daar.
9 jaar 6 maande 1 week 17 ure oud


Ons het nie Hollywood aksie nie. Maar ek dink die Oscar organiseerders kan by die Woes-feeskomittee gaan leer hoe om dit in styl te doen. Dit was moers en dankie vir almal wat dit lekker gemaak het. Robellie, dis net jy wat so lekker kan skryf oor so 'n kuier.
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Robelle,
Dankie vir jou en Pat en Irere, en spesiaal vir Marcie. Ons lief julle baie!
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Volgens die foto's op Fb was dit pret! Jammer ons het dit gemis, Gypsy sou die 'Boobs' parade wou bywoon. Hoop ons sien julle by 'n volgende keer.
xxxx
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


As
Was nie daar, wens ek was
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


weet steeds nie hoe jy manage om so maklik oor so klomp mense te skryf nie..dan rym dit ook nog.
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


Mamagud en die gang is dit eens dat julle 'n jolige klomp bymekaar is. Dankie, dit was lekker!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Dankie, dit was heerlik. Ek is spyt dat ek vroeg moes waai.
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Feestelik geskryf - dit is hoe woes Woes mag gaan!!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Bloei my hart van spyt
ek dip altyd uit
kon dit nie maak
maak nie erg saak
volgende een is ek in die haak!!!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Ja, so spoed die lewe verby! Carpe Diem! Dankie Robelle en dankie vir jou Woeshart en vir "JY"! Hi, jy het vergeet om my boek te teken!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


en hier sit ek nog met my partytjiehoed en fluitjie wat tjier tjier solo fluitjies blaas en verlang ek my dood na myse woes familie....So bly julle het dit geniet...Dis net die woesters wat weet hoe om behoorlik te party!!...mwha!

ammiemoon
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


moenie vergeet......
oom At het ook ontluik
hy het Robelle so gefnuik
sy kon nie eers onthou
om te onthou
om te onthou........

MARCIE was, is en sal altyd wees
woes-hostel-QUEEN
20/11/2010

grOEtnIs
sOEthArt
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Soos altyd het jy op die aller`mooiste wyse die dag saam met ons wat nie daar kon gewees het nie, gedeel ... dankie vir dit!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Kon net lekkerrr wees, dis dan onse Woesmense daai!
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Ek is so bly dat julle dit geniet het, hoe dan anders; dit is altyd 'n fees‼ My hart en siel het verlang om daar te kon gewees het.
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


ai en ek het dit gemis....
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


Woestenasie
Robelle, wat 'n funksie gewoordboor so akkuraat dat ons moet koes in volgende keer!

Baie dankie vir jou lekker onthou....kan nie wag vir fotos wat daarby pas.

Veilig terugry maaikie
9 jaar 6 maande 1 week 4 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar