Gedigte

Titel: Wie Weet
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wie weet waar liefde se paaie loop
lewe sy draaie maak
geluk sy weg vind
hartseer sy kepe laat

wie weet hoe liefde werk
sy spore in jou hart laat lê
jou maag laat draai
wanneer oë blink in joune verdwaal

wie weet hoe geluk sy pad gebaan het
tussen liefde hoop en vrede
jou op wolke laat sweef
in ekstase laat jubel en lag

wie weet hoe diep hartseer kom lê
sy kepe soos watervore in jou hart agterlaat
jou kneë laat knak
met smeking in jou oë hom agterna staar

wie weet waar die lewe jou neem
met sy wrede verwoestingstorms
laat hy jou eensaam en alleen agter
in dorre hartseer woestyn

@ ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wie Weet
Baie goed verwoord.
6 jaar 3 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Wie Weet


So diep, so mooi, so sielvol met hartklop getooi!

En juis daarom bring jy vir my die antwoord met sekerheid tussen die lees van jou werk en die is van my bestaan: Die Here weet!

God se liefde!

Dankie pragtige mensie vir hierdie her-ontdekking!
6 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


*
Diep en hartseermooi!
6 jaar 9 maande 3 dae 22 ure oud


wie weet
Liefde ken ons, hartseer probeer ons nog verstaan. Dis n lifelike gedig Ans, dankie.
6 jaar 9 maande 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar