Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met watter dans kan ek jou donker oë verlei
ballet klopdans twist foxtrot of bob
wat van langarm ruk-en-rol of cha-cha-cha

jy kan pronk met jou wye rooi mond en uitklokromp
kastenette klapperte-de-klap in die hand wyl jy voete stamp
ooprug en swartnaatkouse oor gespierde kuite

die reuk van jou warm vibrerende energie
tasbaar as ek verdwaal in jou kyk
jou geboë voetbrug grasieus met gepunte tone

beweeg jy ritmies met jou klikke-klakke hakke
jy dartel sweef en gly as ek jou stuur
ons silhoueëtte kastiliaans blink en afgeëts



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Ek hoor die klop van die kastanjette klink...
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


dANS kARINA
Ek hou van die opwinding wat hiermee gepaardgaan...
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Viva!!!
Hier skilder jy die dans onverbeterlik!!!
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Ek sien voor my oë die Spaanse danseres, vol uitdaging en nie te praat van die visnet kouse nie....
Mooi geskets...Lekker gedans.
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


sjoe rosa
mooi!! mooi

ek het effies meegedanst!:-)

graag gelees!!

gr enrico

geniet van die dag
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Sjoe . . .!
Hoe kragtige woorde die energie kan verbeeld
Dat verbeeldingsvlug tot in die vloer onder my vibreer
Pragtig!
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar