Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Uit die ooste begin dié sonuit
as die sandduine geel vertoon
staan atletiese wilde rooibruin poon
hard gemaak deur dors, wind en sonskyn
in groepies van tien of meer...

en wei in die Namib woestyn!

Hulle galop dié suide se kontrei
van watergat tot watergat
op soek na water en kos; maar
vandag is hulle net anderkant
Wortel en drink water in die vlei...

legendes van die woestyn!

Op 'n ander dag is hulle naby Aus se koppe
en vanaf 'n honderd jaar terug...
ontsnap van bomme en die Schutztruppe
saam gevoeg met Kreplin’s se perdefokkery
opregte Shagya Arabiese ras uit Hongarye...

nou wilde perde van die Namib woestyn!

Perd van die woestyn!
jy met jou uithouvermoë
jou kennis om te oorleef en pyn
van hongerte...
wys ons as mens God se vermoë
om die natuur te laat lewe...

in dié mens se siele woestyn!


©12/02/10JohanJ



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Shagya Arabiese ras uit Hongarye, nou in die Namid, geharde woestyn diere met oorlewings uithouvermoë in hul siele, pragtig, Skymaster!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


pragtig prentjie in 'n gedig geskilder, baie mooi geskryf :-)
4 jaar 11 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


Oepsie...my vingers lyk my hoeka geknoop met al die spelfoute....skies hoor! mwa
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


Met jou unieke skryfstyl skilder jy darem hiedie perd prent soooo mooi en lig jy ons so goed in oor hierdie gespierde pragdier wat van vêr af kom en oorleef in die ongenaakbare woestyn van die Namib. Het regtuig die ene baie geniet! Moois so my Sky! xxxx
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


'n Hele mooi verhaal wat jy hier neerpen.
4 jaar 11 maande 3 weke 1 uur oud


stunning gedig!
4 jaar 11 maande 3 weke 3 ure oud


Baie mooi geskryf met 'n treffende slot.
4 jaar 11 maande 3 weke 5 ure oud


Pragtig geskryf. Ek's mal oor hierdie gedig van jou.
4 jaar 11 maande 3 weke 5 ure oud


Pragtig geskryf swarie
4 jaar 11 maande 3 weke 6 ure oud


Ooo!! Nou praat jy my taal..! Pragtige wêreld wat die grootsheid van God se skepping in alles vertel ... Vandag het jy met jou gedig my weer die perde sien wei daar op die grasvlaktes langs die grootpad na Luderitz ... Baie goed geskryf!
4 jaar 11 maande 3 weke 7 ure oud


Sjoe! Mooi geskryf! Vertel jy my nou iets wat ek nie van geweet het nie..!
4 jaar 11 maande 3 weke 7 ure oud



Van ons Premium+ lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar