Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wilde water
skuim en bruis
aan die kus van ons alma mater
waar die geweld van water ons drome verguis.......

Golwende water
waarop ons bootjies vaar
al klotsend terwyl ons opgewonde-bang gil-skater
op reis na wie-weet-waar?

Rustige water
waaroor moeë oë staar op die horison
totdat eie refleksie, later
gedagtig aan drome wat gaan, wat mag kom, verdof..

Die aansteek van 'n nuwe vuur
sy aanvang slegs 'n enkel-vonk
wat langsamerhand die tralie-skeidsmuur
smelt , van ys- vrees- en - twyfel se tronk !

Die vlam-vuurtonge wat al hoër brand
bring seker-wees en wedersyds- vertrou..
Kom liefde wat seëvier, nuut tot stand
In harte deur die Vaderhand in stand gehou..

Wanneer stormwaters van die bose druis
is sy aanslag sonder mag
wanneer nuwe vuur in are bruis
die liefde vir ons Vader , Sy Krag
in ons werk en ons laat opkyk na Sy Kruis...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wilde waters
hierdie hele gedig is eenvoudig WOW.. jou woordbeelde is uitstekend aangewend.. n 10/10 gedig!!!
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


2
Uitmuntende verwerking van die onderwerp!!!!
Gek na:
Golwende water
waarop ons bootjies vaar
al klotsend terwyl ons opgewonde-bang gil-skater
op reis na wie-weet-waar?
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae oud


Water
Pragtige gedig, Palet, ek hou veral baie van jou eerste 3 verse :)
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


Water
Die groot rowwe see van die lewe.

Goeie beskrywing en vertolking.
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae oud


water
Mensig maar hierdie is nou n pragtige beskryweing van die wilde krag van die see
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


foto 2
oe dis baie mooi met n diep boodskap. sjoe dis pragtig.
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


water
Baie goed geskryf, Palet. Beslis 'n gepaste bydrae tot die week se tema...
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar