Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy jaag rond,
op jou bike,soos‘n duiwel.
Jy het ’n sagte hart
en dis van goud –
Jy’s eensaam ..
en dit is baie duidelik.
Maar hoe praat ek met ore wat nie luister

Van wie hardloop jy -
vir wat vlug jy weg.
Is dit die orkaan binne jou wat jou jaag?
Hoe kan jou moee siel rus kry.
Jou vertroosting van worstel.
Tot jou trane bedaar ...

Jou laat sien dat jy jouself gaan vernietig.
- laat weet dat ek gee om.
Al lyk die dae en toekoms blekerig.
Al dink jy ek praat sommer.
Daar is iemand wat oor jou bekommer.

My vriend is jy verseker –
Jy bloei en pyn ... dit kan ek verstaan
Die troos wat ek vir jou kan aanbied
Is dat ek daar is – altyd en nou.
En die moeilike pad stap ek, saam met jou.

SO .. kom praat gerus oor wat jou kwel.
Skaam kry is hier oorbodig –
Ek sal nie raad gee, tensy jy sou vra.
En nooit veroordeel oor wat ook al gesondig.


LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Willie met die Kawa.
O ja, my gediggie "Erna" is geskryf oor daardie jong, deurmekaar en onseker tyd in my lewe.
13 jaar 4 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


Willie met die Kawa
Laat dink my so aan myself in my jong dae. Terloops, ek het nog steeds MY Kawa. 1975 Model. Die ou kort aandag en baie wou hom al hê, maar hy sal pensioen trek saam met my. Ek dink hy het iets soos 'n siel.
13 jaar 4 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar