Gedigte

Titel: Windstil
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Dit is 'n windstillê lui lentedag
met varkore wat spierwit bloei
saam met 'n fyntuinmengelprag.
En in die syfering groei 'n wilgerboom
wat sy worteltjies waad teen die kant
en sedig in slierte die tyd verdroom.

Bo teen die berghang -waar dastroppies hou-
slier nog die vroeg-oggendwasem omheen;
bevogtig broosklein rotsplantjies met dou.
En bowe die magtige kruin van die berg
ets kolganse vas teen die hemelblou
om vlytig in vlug tot stip te verdwerg...
                                En
                                ek
                                bid:
Maak my Heer om willig windstil te lê
om net maar te hoor wat U gees my wil sê...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Dit is baie pragtig geskryf. Laat my dink aan 'n Bybelvers...
4 jaar 7 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Windstil
Jy het my nou stil geskryf met hierdie een.
4 jaar 7 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


Stil
O magtie...dis uit-bloemieng-stekend!!!
4 jaar 7 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Windstil
pragtige gedig met n groot AMEN op jou slot!!
4 jaar 7 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Stil
Dis 'n pragtige gedig!
4 jaar 7 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Windstil
Maak my Heer om willig windstil te lê
om net maar te hoor wat U gees my wil sê...

Dit sê alles vir my!!
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


Windstil
Baie goed gedoen!
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


***
Eenvoudig pragtig, K.
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


Windstil
My resensies en of kommentare
is slegs my eie oortuiging.

Ek skroom nie om hier te weergee - my stomme verbasing en lof oor die diepte van hierdie werk nie.

Ek weet ook, dat groot werke gebore word en baie skraps uit 'n pen vloei.

Dankie.
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


stil
'n Pragtige oordenking om die dag mee te begin :-)
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar