Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Warmrooi die blaarvlam aan wingerdstok
en sag die geritsel van agtermiddag wind
deur die paaie van die wingerd
waar geure en kleure mekaar vind.

Pienk-pers die kroon van sonsonder
en Duif koer-roep sag sy maat
as skemer vinnig nadersluip,
klink n glasie van wingerd resultaat.

Goudgeel en oranje nuwe dag se kleed
met oggendsang gekwetter as nag beswyk,
stroopsoet die druif se korrels
saam geurige reuke van ontbyt.

Sneeuwit skoon is ons gewas
die lote gemeet, gesny en gepas,
so het Hy die beker met wyn gedrink
en vir ons die Ewige Lewe geskink.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wingerdstok
Baie mooi gebruik van woordbeelde. Baie mooi gedig.
4 jaar 9 maande 3 weke 10 ure oud


Wingerdstok

Inderdaad, goed neergepen
4 jaar 9 maande 3 weke 15 ure oud


wingerdstok
die mooiste woordskildery Joey.. jou slot is uitstaande
4 jaar 9 maande 3 weke 19 ure oud


wingerdstok
Prag vergelykings hier getref deur middel van kleure. Hou hiervan.
4 jaar 9 maande 3 weke 20 ure oud


wingerdstok
dit is n pragtige gedig hierdie Joey
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar