Gedigte

Titel: Winter
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Winter het sy koue kloue in my rug geslaan
My vasgepen teen `n bleek wit aarde,
`n Hartseer in my gemoed gebring
Die landskappe lê vaal
Bosse is soos karkasse van groen gestroop
Mense toegewurm in warm jasse
Vermom deur die lae en lae lap
Diegene wat hierdie as mooi beskou
Gaan my verstand te bowe
Ek bly aan klou, aan die hoop dat somer vroeg sal kom
Hierdie grouheid sal dan weer in kleure ontplof
en die vaal in my gemoed sommer vergoed afstof



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

winter
Besonderse beskrywings gebruik. Hou hiervan.
5 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


winter
vir my het elke seisoen sy eie bekoring.. mooi geskryf!!
5 jaar 9 maande 2 dae 15 ure oud


Ano
winter
Ag nee wag julle! Ek moet darem seker bietjie opkom vir my geliefde winter. Hy kan net so mooi wees - al is die gras dor en die bome sonder blare :-)
5 jaar 9 maande 2 dae 19 ure oud


Brrrr!
Ek stem volkome met jou saam. Dit is vanoggend vir my sooo koud dat ek met vier langmoue, 'n kappie op die kop, met twee verwarmers in die kamer e-n onder 'n donskombers sit met hande wat sooo koud is en nie warm wil word nie!

Nee wat, gee maar enige tyd vir my die warm genoegdoening van die somer. Ek is geen wintermens nie!
5 jaar 9 maande 3 dae 20 ure oud


winter
Ag maar dis nou n pragtige gedig.
5 jaar 9 maande 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar