Gedigte

Titel: Winter
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Winter , nog voor die son sak ,
koud in my nag as ek val ,
en my swart hart alles dood ryp .
En al wat ek nog oor het om my geloof te hou
is om te kyk , en sterre is blink
ys kristal-skape op n ope veld
en Orion n skaapwagter
en die maan n krip in sy lig-stal ,
en Jesus is die man daar in .

Winter , nog voor die droë blare val
op murg en been
soos dood gevriesde takke .
Party van ons soek iemand
wat ons nie kan kry nie ,
sy vlieg saam met die voëls weg
na die engele toe ,
weg nog voor die vuur ,
hier nog voor die as
waar die ruimte van haar vlamme was .

Winter , en al wat ek nog oor het
om my geloof te hou
is om op te kyk
en die swart Via Dolorosa pad
van die maan af tot by die Golgota-Suiderkruis te volg
en myself soos die vyfde ster by dit neer te sit .
Jesus is nie meer in die wit mis doek toegedraai nie ,
en die een enkele sliert wolk is die wolk
waarmee Hy opgevaar het .

Winter , rou nog voor ek skree
in hierdie vier mure
van die sale van my lewe .
Ek het nie gevra om hier te wees nie ,
niemand sal hiervoor vra nie ,
hierdie brandys-woede mortis
soos n stadium van die dood .
En al wat ek nog oor het
om my geloof te hou
is om hopeloos te huil .

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

winter
Nee wat, voor rigor mortis intree, strek die hand en Iemand sal dit neem en die persoon sal wel gewaar dat elke donker wolk tog 'n silwer randjie het.
4 jaar 10 maande 1 week 4 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar