Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op my klapperhaarmatrassie,
lê my wintersjassie
sonder kreukels platgestryk
tot hy soos ‘n nuwe lyk

Daar lê ook ‘n hempie wit
wat lekker om my lyfie sit.
By die winkel uitgesoek,
‘n baadjie en ‘n broek.

Ou swart skoene blinkgevryf .
Kam en borsel vir my kuif.
Boet se kouse mooi gestop
en ‘n hoedjie vir my kop.

Buite loei die winterswindjie.
Ek’s nog maar ‘n kleine kindjie
wat die wêreld in moet vaar
in die helfte van die jaar.

Skool toe vir die eerste keer in Julie 1949



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
Pragtig geskryf.
8 jaar 4 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar