Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wind huil deur die venster
Venster huil ‘n traan.
Treur die venster ?
Nee, dis winter !
Dit reën !

Winter ook in ons hart.
Koud, nat, drupnat winter.
Ja, alles drup.
Alles huil en treur.
Die dak lek tip, tip.
Die hart treur trane.

Alles lek en huil.
Hemel lek trane.
Longe lek wasem.
Kaggelvuur spoeg rooi vuur.
Rooi tonge wat lek ,
maar niks maak warm.
Venster bly treur, ons harte treur.
Dis koud, dis nat..
Winter, winter nat.

Dis genoeg!, hou op!.
Vat weg die huil.
Vat weg die nat.
Vat weg die lek.

Vat weg die treur.
Bring nog vuur.
Ook vir die hart.
Baie warm vuur.

Maak warm al die nat.
Dankie vir die warm vuur.
In die donker, nat winter uur.
Vuur, mens se grootste kuur.
Aansteeklike, geestelike, Goddelike vuur.
Wat tot in ewigheid en hiernamaals duur.
Wat weg, vat alles weg, wat ons lewe op aarde versuur.
Vader stuur vir ons U Goddelike, hemelse, Heilige vuur.
Dat dit aanhou op ons hoofde vuurtonge reën en vir ewig duur.
Haleluja, GOD IS GROOT, Hy kan alles doen.
Amen.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Winter in my Hart
Inderdaad kan Hy alles doen!
9 jaar 6 maande 1 week 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar