Weergawe: 7
Aantal woorde: 77
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 08 Mar 2013
dan sou jy weet
die donker was so stil
ʼn vetkers op die grond
se somber skaduvlam
het bewend opgekrul
my laaste kind
op ʼn kakie kombers -
die nanag was so koud
die lig het talmend verdamp
duisternis in yslaag omhul
ek was ineens reddeloos oud
die tyd was willoos verstrik
in vernietigende seer -
onsterflike verset
en as jy my kon sien
dan sou jy dit verstaan het.
© C. Potgieter 2013-03-08
Lees ander gedigte deur Charmain*
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Francis Gillieron
Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994