Gedigte

Titel: Wit
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek verlang soms so stilweg
na 'n tyd wat verby is
na groen polletjies
op 'n droë vlak
in ons gemene, seer verlede.
Ek is 'n ou
met 'n awkward geskiedenis.

Op vorms by die werk
moet ek "African" ooplos
leeg los
ek's mos wit.
"Hou jou bek, jy's bevoorreg."

Ek's jammer.
Ek's jammer ek verlang soms
na my oupa se wêreld.
Ek's jammer as ek daai boksie
tog wél liggies merk - sien:

Jy kan nie Afrika uit
Afrikaner haal nie.
Jy kan nie 'n boom se wortels
soos blare wil snoei nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Die gevoel goed oorgedra, Niel. Dis net soos Viooltjie sê: ons is mos hier geplant...
4 jaar 4 maande 3 weke 1 uur oud


wit
Ja, ons is ook maar hier geplant:-) goed geskryf
4 jaar 4 maande 3 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar