Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ons kan openlik met mekaar praat,
oor daardie saak wat ons diep raak;
dit wat ons gedeel het, op eie vlak,
was elk se anker toe dit sy tyd was;

ek wens ek kan jou teen my druk
sodat ek jou kan help in die stryd,
net soos ek 'n drukkie nodig het,
want ons anker is ons ontneem;

doelloos dryf ons rond in waters
en monsters dring binne in ons in;
daar bou hulle broeiplekke vir haat,
twyfel tokkel ons snare tot dit breek;

waar om te begin is vir ons 'n raaisel,
sal ons die aanslag ooit kan oorwin?
maak ons vertroue in U onwankelbaar
en wees ons genadig o Here, ons God

vertrou en weet jou geliefde metgesel,
en 'n familielid, is altyd vir ons daar;
in ons harte en ons siele leef hy voort
terwyl sy ster vir ons snags knipoog;

die ewigheid het hy nou betree,
daar waar tyd en plek en liggaam
oorbodig is en liefde en vrede heers,
met Engele wat onverpoosd sing.

03/03/2015 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Anker
Jislaaik, hierdie is 'n wenner voorwaar!!!
5 jaar 1 maand 2 dae 4 ure oud


Anker
Die hartseer, gevoel van verlorenheid, liefde van die naasbestaandes en geloof - so mooi vasgevang.
5 jaar 1 maand 4 dae 4 ure oud


*
Niemand wil 'n gesinkte skip wees nie. Daarop moet ons, ons oë op die Here rig. Soos Hy ons anker is, is hy ook ons kompas. Sonder Hom sal ons altyd doelloos rond dryf.
Jou eerste 4 reëls is besonders kragtig, dit is jou anker vir die hele gedig.
5 jaar 1 maand 6 dae 13 ure oud


anker
dis hartseer mooi
5 jaar 1 maand 6 dae 15 ure oud


Ons Anker 20

So lank ons net weet wie die regte Anker in ons lewe is.
5 jaar 1 maand 6 dae 16 ure oud


anker
Hierdie woorde sink diep in, baie mooi!
5 jaar 1 maand 1 week 6 ure oud


ons anker
hartseer maar steeds vol geloof (want Hy bly in beheer!!!)... pragtig gepen!
5 jaar 1 maand 1 week 8 ure oud


Anker
Die anker wat jul ontneem is laat 'n groot leemte - jy het dit goed verwoord veral die slot.
5 jaar 1 maand 1 week 9 ure oud


Anker
So mooi, so hartseer, maar ook vertroostend. Pragtig, Casper. :))
5 jaar 1 maand 1 week 10 ure oud


engele
Die troos in jou laaste drie strofes, maak die pyn soveel draagliker. Diep, diep, vers!
5 jaar 1 maand 1 week 10 ure oud


anker
Dis pragtig gestel
5 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud


Woes skryf Woes - Ons Anker 20
Diep verlange, maar met 'n positiewe slot...
5 jaar 1 maand 1 week 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar