Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ysig loei die winterwind en swiep
fluitend deur die kraakwit takke deur
donker skadu's flits benoud
wie is bestand teen been en murg se koud

hortend blaas n rokend trein
en waarsku skril sy aankoms aan
wyl yldun dampies wasig bons
die ou gryse rammel stadig voort
klikke klakke sugtend deur die vries sneeupoort
ver weg flikker onseker 'n glimmend vuurtoring
in digte mis terwyl branders rondom klots

'n sneeuwolf huil droewig agter spierwit duine
so alleen en hartverskeurend lank
bruin en vaal agter veraf klipper rante
staan 'n enkel huisie so verwese
maar binne-in 'n welkom geur van rooibeet-witlof bredie
pruttend vleissop en rooigeel vlamme
inhalerend kaneelsoet appelgebak

knetter knater vuur en vodkastem
giggel gloeiwyn vat omklem
alkohol sensasie maak vrolik stemme luid
vreugdesliedere bars verdryf klappertand bewerasie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Dit klink of jy regtig daar gewoon het...net belewenis kan verstaan hoe koud koud regtig kan wees. Pragtig!
7 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


Dankie vir 'n reis na die vreemde....En sou jy niks gemeld het van die steppe nie, sou die vodka die bestemming verraai het.
Baie mooi...
7 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Ek wil nog skryf oor . .
Kan enige mens ooit alles hê ( Toevallig - die lelikste woord in Afrikaans - die 'hê' , 'he' !)
Ek wil skryf oor die ding.Ek is gladnie ontevrede nie, ek is net spyt oor my woordgebrek.
Rosa,
Hierdie skildery van jou, ag ek in my eenvoud van niks weet, uitstaande.
Verder skiet ek woord-tekort.
7 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


steppe
fluit-fluit: ekt dalk te veel konsalik boeke gelees as kind.
die een reeks steppe is rerig naby die see, maar ek dink dis 'n nuwe soort bredie. Ou Willie, dankie vir jou deelname aan my konsert
7 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


rosa
ha sjoe jah een baie egt wintersgedig hierdie vers van jou! ek ril mee erby:-)

baie goed gedoen!!

graag gelees dus!

gr en geniet jou woensdag

enrico
7 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar