Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die digterlike leegheid
waar heimwee die hartseer vertel,
swerf die gedagtes in woorde woestyn
waar geen voëls sing
so pynlik in stilswye.

Die digterlike leegheid
gedreineerd in woordvorming,
gehawend die digterspapier
wees-gelaat wat die hart wou pen
is ontneem aan harmoniëuse rym.

Die digterlike leegheid
die vriend van lirieke en poësie,
vrugteloos is die drome
in die dryfsand van die literêre wêreld,
is die ankers ontwortel.

Die digterlike leegheid
waar fantasiekastele in duie stort,
in daardie skugtere glimlag
deurboor dit die hunkering
vir die kolskoot.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

woestyn
ken die gevoel baie goed Arnold.. maar jou muse is nog baie hard aan die werk met hierdie prag gedig.. hou baie van jou woordbeelde wat gebruik... puik gepen soos net jy kan
5 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Woestyn woorde
En ken ons almal dit nie goed nie, ons almal verdwaal soms in daardie woestyn. Mooi vergelyking.
5 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


woestyn
deie woestyn, lokmidddel vir die groot manne in die Bybel., Elia, Cristus, Johannes die doper en selfs die Moslem profeet Mohammed was woeatyn toe
5 jaar 4 maande 2 weke 6 ure oud


woorde
Ek dink elke gedig wat ek van jou lees is beter as die vorige een.

Ek baie van hierdie een. Veral jou slot paragraaf. Dis baie mooi gestel.
5 jaar 4 maande 2 weke 14 ure oud


Woestyn woorde
Wow!! dis n mondvol, sjoe dis pragtig man.
5 jaar 4 maande 2 weke 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar