Gedigte

Titel: WOESTYNTYD
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal kry tyd in die woestyn, Here
maar wanneer is genoeg, genoeg.

Speeksel taai soos heuning
Tong kleef aan verhemelte
Spraak het stom geword
Stem uiter snaakse klanke
Woestyn water is bitter
Woestyn heuning sout
Soet het suur geword
Suur het bitter geword
Lekker het sleg geword
Mooi het lelik geword
Woestyn tyd
wil my insluk

Hande is lam
Voete sak weg
in brandende woestysand
Knieë het slap geword
Treë kort en slepend
Ek is moeg
Ek is baie moeg
Ek is oneindig moeg
Ek is verskriklik moeg
My siel en liggaam is moeg
Ek is uitgeput van woestyntyd
of tyd in die woestyn

Hoor my versugting
Hoor my klaaglied
Sit my tog in die paradys
Waar soet, soet is en sout, sout
Waar alles lig is en niks swaar
Waar my tong los is
Waar my woorde reg uitkom
My hande en voete fluks is
Gee my ‘n huis
En nie ‘n kruis
Gee my .... ja wat
Ja ... wat nog alles....
Nogtans... nie my wil nie
maar U wil.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar