Weergawe: 1
Aantal woorde: 232
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Sep 2015
vertel hul stories wat ontvou
Deur watter bril jy kyk;
laat die wolke vir jou anders lyk
n Wolkie op die horison;
verwagtend vir iets wat kom
Is dit goed of is dit kwaad?
iets wat ek aan jouself oor sal laat
Helder witte wolke teen die bloue lig;
alles in die skepping het n plig
Miskien is hierdie wolk nie vir jou;
maar om skaduwee vir ander te hou
Vir miswolke moet jy nie skrik;
kan verdwyn in n oog se knip
Hul kan jou ook verras;
nou-nou reën dat die water plas
Donker onweerswolke pak eers saam;
onheilspellend soos hul naam
Swaar dra hulle aan die reën;
party sal ween, vir ander tot seën
Weerligstrale wat deur die donker wolke blits;
n donderstorm ontketen in ‘n kits
Na die storm is dit stil;
stil, om te luister na Sy wil
As jy die silver randjie om die donker wolke sien;
weet dis die son daar agter wat dit voorsien
As die wolk verdwyn;
sal die son weer helder in jou lewe skyn
As die wolke dan oor jou gaan;
is dit die weg wat hul maar baan
Ons kan hulle nie terug hou of bestel;
hul is daar op die Skepper se bevel
Hoe jy die lewenswolke skilder met jou kwas;
daar is genoeg kleure wat vir jou wolk sal pas...
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'